Aankoopontleding - Aankope per produk (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Aankope per produk verslag kan vir Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 gedruk word om die aankope en verskafferretoere van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) te ontleed.

Hierdie verslag sluit slegs geposteerde aankope en verskafferretoere in. Ongeposteerde aankope en verskafferretoere is NIE in die verslag ingesluit nie.

Die aankope per produk verslag, sluit slegs die Verstek voorraaditem in. Enige ander voorraaditem tipes  (d.i. tien (10) Verkope, Verkope (geen voorraad), Aankope, Aankope (geen voorraad), Finansiële inskrywing, Opsie item, Opsie item (geen voorraad) Komponente, Komponente (produksie) en "Linked Sale") is nie in hierdie verslag ingesluit nie.

Om 'n Aankope per produk verslag te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankoopontleding → Aankope per produk.

2.Die "Aankope per periode - Voorraadgroep 1" is die verstek verslag. U kan "Aankope per periode - Voorraadgroep 2") kies.

3.Kies die volgende:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s).

c)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".

d)Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die opsomming van die dokumente en voorraaditems vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie.

e)Nuwe bladsy per item - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke voorraaditem op 'n nuwe bladsy gedruk word.

f)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Aankope per produk - Verslaggroep 1" ("Wys detail" nie gekies nie) verslag, is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Aankope per produk - Verslaggroep 1" ("Wys detail" gekies) verslag, is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free HTML Help documentation generator