Aankoopontleding (Verslae kieslys)

Parent Previous Next

Verskeie verslae is op die Verslae-duimgids Verslae → Aankoopontleding beskikbaar om elk van die aankoopdokumente (d.i. aankope, bestellings en verskafferretoere) te druk.

Verslaggroepe (d.i. Krediteurgroep 1, Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) kan vir die volgende verslae gedruk word:

1.Bestellings per periode – Dié verslae sal slegs die bevestigde (geposteerde) bestellings vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.

2.Aankope per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde aankope vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.

3.Verskafferretoere per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde verskafferretoere vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.

4.Aankope per produk - Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 word gebruik om die aankope  en verskafferretoere van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) te ontleed.

5.Aankope en verskafferretoere per periode – Dié verslae sal beide die geposteerde aankope en verskafferretoere vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.






Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy EPub and documentation editor