Maak Stel Boeke oop

Parent Previous Next

Inleiding

Hierdie opsie laat u toe om enige geldige Stel Boeke wat op u stelsel, of netwerk bestaan, oop te maak.  Slegs geldige Stelle Boeke sal op die Stel Boeke skerm (Maak oop op die Begin-duimgids) geïnisieer is, gelys word.  

Elke stel Boeke moet in sy eie unieke Omslag gestoor word.

Die lys van Stelle Boeke, is eerstens onder die "...\books" omslag van die TurboCASH installasie. Tweedens addisionele Stelle Boeke wat elders op u stelsel bygevoeg is (byvoorbeeld, op 'n ander gedeelte van u hardeskyf, of elders op 'n netwerk).  

By verstek, sal slegs die Stelle Boeke wat in die  “Kies u taal en land” skerm tydens die installasie van TurboCASH gekies is, geïnstalleer word.

Om Stelle Boeke oop te maak:

1.Op die Begin-duimgids, kies Maak oop.


Blou - Fontkleur

Dit dui aan dat die Stel Boeke nie in die TCASH5 of ander omslag waarin TurboCASH geïnstalleer is nie, maar elders op u stelsel.


Rooi - Fontkleur

Dit dui aan dat die Stel Boeke (elders op u stelsel) geskrap is, of die Omslag waarin die Stel Boeke gestoor is, geskuif het of nie meer bestaan nie.

Dit kan ook daarop dui dat die netwerk of harde skyf onbeskikbaar is. Indien die netwerk weer beskikbaar is, of die eksterne hardeskyf weer aan u Stelsel gekoppel is, kan u die Stel Boeke oopmaak.  







2.Kies die Stel Boeke en kliek op Maak oop.

U kan op die Kanselleer knoppie regs-kliek, om ongeldige Stelle Boeke op die Maak oop skerm te verwyder.

Indien u op die Maak oop knoppie kliek; en die einde van die huidige finansiële jaar is  van die geselekteerde Stel Boeke is ouer as die stelseldatum,; sal 'n bevestigings-boodskap soos die volgende voorbeeld, vertoon word:

"Hierdie jaar Eindig op 2017-02-28

Vandag 2018-08-19

Waarskuwing!!! Dié datum val nie binne enige van hierdie en verlede jaar se verslagdatums nie!

Doen jaar-einde?"

Indien u op die Ja knoppie, kliek sal u na die jaar-eind proses se inligtings-boodskap geneem word. Hier kan u die jaar-eind proses doen of u kan dit kanselleer.

Indien u dit gekanselleer het; of op die Nee knoppie gekliek het, kan u dit steeds doen deur na die Nutsitems Globale prosesse Doen jaar-einde (Opstel-duimgids te gaan.  

Rondsoek

Slegs die Stelle Boeke wat vir die Land en Taal keuse tydens installasie, gekies is, sal aanvanklik op die Stel Boeke se oop maak skerm gelys word, byvoorbeeld vir Suid-Afrikaanse installasie, sal dit AF-SUID-AFRIKA, EN-SOUTHAFRICA en EN-UK, wees.  Die Rondsoek ikoon sal u Stelle Boeke tot die aanvanklike geïnstalleerde Stelle Boeke kan voeg.  

Om te soek en 'n geldige TurboCASH5 Stel Boeke te kies:


Kies ander Stelle Boeke:

U kan 'n ander Stel Boeke (sjabloon) wat nie op die lys verskyn nie, kies. Indien u op die Rondsoek ikoon kliek, kan u 'n ander Stel Boeke in die  “…\Bin\Repository\AF-BEDRYWE” omslag kies.

Die “Repository” omslag bevat alle Stelle Boeke (sjablone) wat tans in TurboCASH beskikbaar is.

Afrikaanse handleidings:

Die volgende Stelle Boeke, gebaseer op hierdie Afrikaanse handleiding, is in die “…\Bin\AF-HANDLEIDINGS\” omslag geïnstalleer.

NUTSMAN (Geen transaksies)

NUTSMAN-A (Ongeposteer)

NUTSMAN-B (Geposteer)

Dié Stelle Boeke vir die handleiding, sowel as die Stel Boeke AF-SUID-AFRIKA sal outomaties in Afrikaans oopgemaak word, en sal na BTW verwys.  

Indien u die Engelse Stel Boeke (d.i. “EN-SOUTHAFRICA”), oopmaak, sal die “en-South-Africa” taallêer gelaai word. Die belasting terminologie sal na “VAT (VALUE ADDED TAX)” verwys.




Engelse handleidings:

Die volgende Stelle Boeke, gebaseer op hierdie Engelse handleiding (“Accounting Made Easy”), is in die “…\Bin\EN-TUTORIALS\” omslag geïnstalleer.

HANDYMAN (Geen transaksies)

HANDYMAN-A (Ongeposteer)

HANDYMAN-B (Geposteer)

Indien u dié Engelse Stelle Boeke vir die Engelse handleidings (d.i. “HANDYMAN, HANDYMAN-A” of “HANDYMAN-B”), oopmaak, sal die “English” taallêer gelaai word. Die belasting terminologie sal na “Tax” verwys.

Indien u die Engelse handleiding met die Suid-Afrikaanse Engelse terminologie “VAT (VALUE ADDED TAX)” wil gebruik, moet u die “en-South-Africa” taallêer kies.

Suiwer lys

Die Suiwer lys ikoon sal die geselekteerde Stel Boeke van die lys verwyder.  Die opsie sal nie die stel boeke skrap nie. Om 'n Stel Boeke te skrap (permanent van u stelsel te verwyder), moet die Skrap Stel Boeke opsie (Begin-duimgids) gebruik word.  

Indien u op die Suiwer lys ikoon kliek, sal 'n bevestigings-boodskap "Dit sal u Stel Boeke ernstig affekteer! Is u seker dat u dié Stel Boeke wil skoonmaak / terugstel?" vertoon word.

Eienskappe

Die Eienskappe ikoon, sal die naam van die Stel Boeke (byvoorbeeld AF-SUID-AFRIKA) asook die omslag waarin die Stel Boeke gestoor is vertoon (byvoorbeeld, C:\TCASH5\books\AF-SUID-AFRIKA\books.fdb).

Indien u op die Byvoeg ikoon kliek, en die "Kies gids van Stel Boeke" opsie kies, sal die volgende skerm vertoon word:

Multi-gebruiker - Sien TurboCASH5 as a multi-user product vir verdere inligting vir Multi-gebruiker installasie.

Multi-gebruiker is beperk in dié weergawe van TurboCASH! U moet 'n multi-gebruiker lisensie koop om die multi-gebruiker funksionaliteit te aktiveer.

Byvoeg

Indien u op die Byvoeg ikoon kliek, sal die volgende twee(2) opsies beskikbaar:

1.Kies gids vir Stel Boeke - Op hierdie skerm, kan u die Naam vir die Stel Boeke, bediener naam, plek (roete), gebruikernaam en wagwoord, stel.  

2.Skep Stel Boeke - Sal die Skeppingsassistent (Skep Stel Boeke (F10)) (Begin -duimgids) inisieer waarop u 'n Stel Boeke kan skep of kopieer.

Om die eienskappe vir 'n Stel Boeke te stel:

Indien u op die Byvoeg ikoon kliek, en die "Kies gids vir Stel Boeke" opsie kies, sal die volgende skerm vertoon word:

Multi-gebruiker - Sien TurboCASH5 as a multi-user product vir verdere inligting vir Multi-gebruiker installasie.

Multi-gebruiker is beperk in dié weergawe van TurboCASH! U moet 'n multi-gebruiker lisensie koop om die multi-gebruiker funksionaliteit te aktiveer.

Databasetype - Firebird is die verstek databasis tipe vir alle Stelle Boeke wat in die TurboCASH installasies ingesluit is.

U  kan ook 'n Stelle Boeke skep wat in "MySQL databases" (sien - My SQL database online manual) en / of "Postgress databases" (see - Postgress database online manual) werk.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce online help for Qt applications