Oopitem koppel - Ongeposteerde joernale-duimgids

Parent Previous Next

Die Ongeposteerde joernale-duimgids lys alle transaksies, wat in joernale vir oopitem rekeninge gekoppel is, maar nog nie na die grootboek geposteer is nie.

Indien enige transaksies wat in joernale vir oopitem rekeninge bestaan, maar nog nie gekoppel is nie en nog nie na die grootboek geposteer is nie, sal die Ongeposteerde joernale-duimgids nie dié transaksies lys nie.

Wanneer transaksies in joernale ingesleutel word, en 'n oopitem rekening word gekies, sal die “Oopitem seleksie” skerm outomaties al die uitstaande transaksies lys. Byvoorbeeld, indien 'n betaling ontvang word, kan u die ontvangste aan spesifieke debiettransaksies of fakture koppel.

U kan die geselekteerde transaksie se koppeling verwyder. Om dit te doen, regs-kliek op die gekoppelde transaksie en kies “Verwyder” op die konteks kieslys. 'n Bevestigings-boodskap “Voortgaan met aksie Ontkoppel transaksie ?” sal vertoon word. Indien u op Ja kliek, sal die transaksie  se koppeling verwyder word.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce Kindle eBooks easily