Werk met veelvuldige programme en werkskerms

Parent Previous Next

Navigasie tussen verskillende programme

Dit gebeur soms dat u in TurboCASH sowel as ander programme, soos woordverwerkers, ontledingstate ("spreadsheets"), ens. gelyktydig werk. In plaas daarvan om die TurboCASH program met die minimaliseer en herstel knoppies te minimaliseer en die ander programme te herstel ens, kan u deur slegs 2 sleutels op u sleutelbord te gebruik, die verlangde program soos volg selekteer:

1.Druk die Alt en Tab sleutels op u sleutelbord om die volgende skerm te vertoon.  Dié skerm sal al die programme wat op u stelsel oop is en in die Windows Taakbalk vertoon word, lys:

2.Terwyl u die Alt sleutel op u sleutelbord ingedruk hou, los die Tab sleutel op u sleutelbord en druk dit weer in om die volgende program te selekteer.

3.Herhaal die proses deur die Tab sleutel te los en te druk totdat die verlangde  program geselekteer is.

4.Los die Alt en die Tab sleutels op u sleutelbord om die geselekteerde program te vertoon waarin u wil werk.


Windows 10 – Taakaansig en Veelvuldige Werkskerms


Die Taakaansig fasiliteit in Windows 10 kan benut word om in TurboCASH sowel as ander programme in veelvuldige werkskerms te werk.  Op die Windows 10 Taakbalk, kliek op die Taakaansig ikoon.


Alle aktiewe programme op u werkskerm sal gelys word. U kan op 'n program regs-kliek en 'n program na 'n nuwe werkskerm of 'n bestaande werkskerm skuif. Die geselekteerde werkskerm, sal slegs die aktiewe programme in 'n spesifieke werkskerm in die Windows Taakbalk vertoon.


Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create EBooks