Krediteure - Transaksielys verslae - Oopitem (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Krediteur transaksielys - Oopitem - Dié verslag lys slegs die transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, wat uitstaande is of uitstaande bedrae het. Indien 'n krediteur (verskaffer) se rekening, as 'n oopitem rekening gestel is, (Aksie Krediteure - Rekeningkundige inligting-duimgids), sal slegs die transaksies gelys word, wat uitstaande is of gedeeltelik uitstaande bedrae het. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, kan in die Oopitem koppel (Aksie-duimgids) geprosesseer word.

Dié transaksielys verslag sluit nie openingsbalanse in nie.  

Om Transaksielys verslae vir krediteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Transaksies. Die "Transaksies" verslag is die verstek opsie.

2.Kies "Transaksies - Oopitem"

3.Kies die volgende opsies:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".

d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.

e)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.

4.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Krediteurtransaksies - Oopitem" verslag, is soos volg:

Indien debiet transaksies of betalings of verskafferretoere wat aan 'n aankope dokumente of krediet transaksie gekoppel is van dieselfde waarde is, sal die transaksie nie op die oopitem verslag vertoon word nie, byvoorbeeld, aankope AK000002 is aan verskafferretoere VR000007 gekoppel.  

In die voorbeeld is 750,00 aan die krediteur op 2018/03/30 betaal. Die betaling, is soos volg aan krediet transaksies gekoppel:

AK002 - 2018/03/06 - 1 710,00 is gedeeltelik betaal (gekoppel aan die betaling van 750,00) - Die uitstaande balans van 960,00  sal op die oopitem verslag gedruk word.

Aankope - AK000002 van 1 710,00  is gekoppel Verskafferretoer dokument VR000007 van 1 710,00.  Aankope - AK000002 van 1710,00 sal dus nie op die Oopitem verslag vertoon word nie.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free help authoring tool