Druk lyste van die begroting in T-Rekeninge

Parent Previous Next

Om 'n lys van begrotings in T-Rekeninge te druk:

1.Indien die “Begroting” opsie op die “Proefbalans, Inkomstestaat” en “Balansstaat” verslagtipes gekies is, kan u 'n rekening kies en regs-kliek. Kies die “Wys details” opsie. Slegs die begroting vir dié Verkoperekening wat in die Grootboekontleder gekies is, sal vertoon word.

2.Die datums in die “Vanaf datum” en “Tot datum” velde, sal outomaties vertoon word volgens die periodes of datum(s) wat in die Grootboekontleder gekies is. Slegs die begroting vir die spesifieke periodes of datum(s) sal gelys word. U kan ander datums kies, indien nodig. Die begrotings sal dan slegs vir dié datums gelys word.

3.Kliek op die Druk knoppie.

Die “Joernaal nommer” sal as “0” vertoon word.

Die verwysing (d.i. “Uitverkoping” ) wat in die “Verwysing” kolom en die beskrywing (d.i. “Spesiale promosie ”) wat in die “Beskrywing” kolom ingesleutel is, sal ook op die gedrukte verslag vertoon word.

U kan ook op die Uitvoer knoppie kliek om die begroting na ontledingstate (“spreadsheets”) uit te voer.

Indien u op die “Standaard Kolombalanse” verslagtipe op 'n rekening regs-kliek, en die “Wys details” opsie kies sal die begroting nie gelys word nie. Dit sal die transaksies van geposteerde joernale en dokumente lys.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create HTML Help documents