Krediteure - Uitstaande - Debiteure uitstaande op datum (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Indien 'n krediteur (verskaffer) se rekening as 'n "Oopitem rekening" op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Krediteure op die Aksie-duimgids) gestel is, sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Enige debiet bedrae wat nie aan krediet transaksies gekoppel is nie, moet in die Oopitem koppel (Aksie-duimgids) geprosesseer word.

Om Krediteure uitstaande op datum verslag te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Uitstaande. Die Krediteure - Betalingsadviese verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Krediteure uitstaande op datum".

3.Kies die volgende opsies:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".

d)Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke krediteur (verskaffer) se rekening te druk, merk hierdie opsie.

e)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.

f)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.

3.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Krediteure uitstaande op datum" verslag, is soos volg:


'n Voorbeeld van die "Krediteure uitstaande op datum", met "Vertoon kontakbesonderhede" verslag, is soos volg:



Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured multi-format Help generator