Voorraadopsoek

TurboCASH5 Program ›› Opsoek ››
Parent Previous Next

Voorraad opsoek

Wanneer u dokumente prosesseer, moet u die voorraaditems kies. Daar is basies drie (3) opsies om voorraaditems vir enige oop en ongeposteerde dokumente te kies:

1.Standaard voorraad opsoek – Dit is die standaard voorraaditem opsoek skerm wat gevorderde filters bevat om voorraaditems te kies.

2.Kitsbyvoeg - Die voorraaditem opsoek skerm ('n integrale deel van die dokument skerm) waarop u voorraaditems kan kies.

3.Knoppie opsoek – Dit sal 'n grafiese vertoon van die voorraad opsoek skerm vertoon. U moet beelde vir voorraadgroep 1 (Opstel → Groepe) asook vir voorraaditems (Aksie → Voorraaditems) laai. U kan die knoppie opsoek aktiveer of de-aktiveer deur die “Knoppie opsoek” veld te merk of die merk te verwyder (Opstel → Voorraadinligting).  

Standaard voorraad opsoek

Die velde en die waardes, is soos volg:

1.Kode – “Kode” is die verstek opsie. U kan die “Beskrywing, Strepieskode, Beskrywing en ekstra beskrywing” of “Kode, Beskrywing en ekstra beskrywing” opsies kies. U kan ook enige geldige waardes in die veld insleutel. Indien u op die Soek knoppie kliek, sal slegs die voorraaditems vir dié waardes gelys word.

2.Operateur - “Geen” is die verstek opsie. U kan “en” of “of” kies. Dit sal 'n ekstra velde  “Beskrywing, Strepieskode, Beskrywing en ekstra beskrywing” of “Kode, Beskrywing en ekstra beskrywing” vertoon.  Indien u op die Soek knoppie kliek, sal slegs die voorraaditems vir dié eerste en / of die tweede waardes gelys word.

3.Voorraadgroep 1 – U kan voorraadgroep 1 (Opstel → Groepe - Voorraadgroep 1) kies om slegs die voorraaditems wat aan dié voorraadgroep 1 gekoppel is te lys.  

4.Voorraadgroep 2 – U kan voorraadgroep 2 (Opstel → Groepe - Voorraadgroep 2) kies om slegs die voorraaditems wat aan dié voorraadgroep 1 gekoppel is te lys.

5.Soek per: - “Kode, Beskrywing” en “Strepieskodes” is die verstek opsies. Indien enige van dié velde gemerk word, sal die volgorde waarin voorraaditems gelys word verander.

Die “Outo-kies” veld sal slegs vertoon word indien die “Gebruik filter” (konteks-kieslys (regs-kliek)) opsie geaktiveer is. Indien die “Outo-kies” opsie gekies is, kan u enige waardes insleutel, ongeag of dit die voorraadkode, beskrywing of strepieskodes is, ens.

6.Statusbalk – Die statusbalk is heel onder aan die opsoek skerm. Dit sal die volgende inligting vir die geselekteerde voorraaditem vertoon:

a)Huidig: Vertoon die werklike hoeveelheid voorraad voorhande.

b)Kwotasie:  Vertoon die hoeveelheid op oop (onbevestigde) kwotasies.

c)Bestelling: Vertoon die hoeveelheid op oop (onbevestigde) bestellings.

d)Verw.: Vertoon die verwagte hoeveelheid voorraad voorhande. Dit is die huidige hoeveelheid MINUS die hoeveelheid op oop (onbevestigde) kwotasies PLUS die hoeveelheid op oop (onbevestigde) bestellings.

e)P1: Vertoon Verkoopsprys 1. Dié prys word as BTW uitgesluit vertoon. Die prys as BTW ingesluit word tussen hakkies vertoon.

f)P2: Vertoon Verkoopsprys 2. Dié prys word as BTW uitgesluit vertoon. Die prys as BTW ingesluit word tussen hakkies vertoon.

g)P3: Vertoon Verkoopsprys 3. Dié prys word as BTW uitgesluit vertoon. Die prys as BTW ingesluit word tussen hakkies vertoon.

h)LP: Vertoon die laaste kosprys.  Dié prys word as BTW uitgesluit vertoon. Die prys as BTW ingesluit word tussen hakkies vertoon.

Kitsbyvoeg voorraad opsoek

Bykomend tot die standaard voorraad opsoek, is die kitsbyvoeg opsie vir die voorraad opsoek is 'n integrale deel van die dokument skerm.

Om die kitsbyvoeg te gebruik:

1.Kliek op +Maak Kitsbyvoeg oop. Die voorraaditem opsoek skerm ('n integrale deel van die dokument skerm) waarop u voorraaditems kan kies. Die naam van dié ikoon sal na -Maak Kitsbyvoeg toe verander.

2.Kies die voorraaditems.

3.Indien u die reëls met voorraaditems en of opmerkings wil sien, kliek op die  bokant die ikoonbalk en trek (sleep) dit op of af.

4.Kitsbyvoeg (kode / strepieskode / serienommer) kan ingesleutel word. Dit is ook versoenbaar met sekere strepieskode skandeerders.

5.Indien u klaar die voorraaditems gekies het, kliek op -Maak Kitsbyvoeg toe.

You may enter a valid stock code, barcode or serial number and press the Enter key in the Fast add item (stockcode / barcode/ serial) field in the footer section of the document entry screen. This will insert the stock transaction in the document line.

Die volgende opsies is nie in die Voorraadopsoek beskikbaar nie wanneer Voorraaditems vir verslae geïnisieer word nie.

Voorraadgroep 2 - Geskep in Opstel → Groepe (Voorraadgroep 2) en aan wat die Voorraaditem gekoppel is.

"Multilang" -" Multi-language" voorraaditem beskrywings.


Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free iPhone documentation generator