Grootboek - Transaksies Standaard / Ekstra (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Alle transaksies wat in joernale en dokumente geprosesseer is en na die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal in transaksie-verslae gedruk word.


Die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag is basies dieselfde as die "Algemene grootboektransaksies - Standaard" verslag.  Die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag vertoon ekstra besonderhede, d.i. die Kontrarekeninge en BTW-rekeninge en beskrywings, byvoorbeeld "Kontrarekeninge D100003  Mnr. Roger Smith,T860010  Uitset BTW - 15%".  

Dit sal nie openingsbalanse vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon nie. Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word.

Om Algemene Grootboektransaksies - Standaard of Ekstra te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Grootboek → Transaksies.

2.Die "Transaksies" (verstek opsie) sal vertoon word. Kies "Algemene grootboek transaksies - Standaard" of "Algemene grootboek transaksies - Ekstra".

3.Kies die volgende:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

c)Volgorde - Kies "Rekening, Beskrywing, Verslaggroep 1" of "Verslaggroep 2".

d)Sluit nulbalanse in - Indien dié opsie nie gemerk is nie, sal dit slegs die rekeninge met transaksies lys. Kies die opsie indien u alle rekeninge wil lys.

Dit sal nie openingsbalanse vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon nie. Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word.

e)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.

f)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.

4.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Algemene grootboektransaksies - Standaard" verslag, is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:

1.Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.

Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie.

2.Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.  

3.Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing.

4.Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening.

a)Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. Indien dit 'n balanserende transaksie in joernale is, sal die balanserende transaksie deur agt (8) asteriske (********) aangedui word.  In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees.

b)Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente.

c)Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.

d)Debiet - Transaksies met debiet bedrae.

e)Bedrag - Transaksies met krediet bedrae.

f)Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies.

5.Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create EPub books