Inisïeer TurboCASH vir die eerste keer

Parent Previous Next

Die eerste skerm wat vertoon word wanneer TurboCASH vir die eerste keer, na installasie begin, is die "Choose a language" skerm.      

   Die TurboCASH koppelvlak sal in die Taal wat u op die "Choose a language" skerm gekies het, vertoon word. (Begin → Switch language). Die tale is vir elke Stel Boeke reeds vooraf opgestel. (Toegangsbeheer op die Opstel-duimgids).

Wanneer u 'n Stel boeke oop maak, sal die taal wat vir die Stel Boeke vooraf gestel is, vertoon word. Alle skerms, verslae, dokument uitleglêers, ens. is vertaalbaar deur die taallêers.  

Die taallêer sal ook die belasting terminologie vir die geselekteerde taal vertoon (byvoorbeeld, "en-South-Africa" sal " VAT", af-Afrikaans sal BTW vertoon.

Kies u Taal, byvoorbeeld af-Afrikaans vir Afrikaans en kliek op die OK knoppie.





"English" is verstek ("driver language file" – wat as basis dien vir  vertaling en om ander tale te skep, ens.).  

U kan ander tale vir byvoorbeeld spesifieke industrieë skep in die Nutsitems → Pasmaak taal  (Opstel-duimgids) skep.

Indien u die inkorrekte taal gekies het, kan u 'n ander taal kies (Switch language (Begin-duimgids).

Nadat u die Taal gekies het, sal TurboCASH5 die Stel Boeke skerm vertoon, Kies u Stel Boeke en kliek op die Maak oop knoppie.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Generate EPub eBooks with ease