Verlaat TurboCASH

Parent Previous Next

Die opsie sal TurboCASH op u stelsel toemaak.  

Dit is goeie praktyk om rugsteuning van u Stel Boeke op 'n gereëlde basis te maak.

Alvorens u TurboCASH sluit of toemaak of sluit, besluit of u 'n Rugsteunlêer wil maak of nie.

Om TurboCASH toe te maak sonder die bevestigings-boodskap:

1.Op die Begin-duimgids, kies Verlaat TurboCASH (Alt + Q).

2.TurboCASH sal outomaties enige aktiewe (oop) Stel Boeke toemaak.

Om TurboCASH toe te maak met die bevestigings-boodskap:

1.Kliek op die knoppie bo aan die regter-kant se hoek van die TurboCASH titel-balk.

Regs-kliek op die TurboCASH5 ikoon in die Windows taak-balk en kliek

" X Close window "

2.TurboCASH sal outomaties enige aktiewe (oop) Stel Boeke toemaak. Die volgende inligtings-boodskap sal vertoon word:

3.Neem kennis van dié inligting en kliek Ja indien u seker is dat u reeds 'n rugsteunlêer het of nie een wil maak nie. TurboCASH sal outomaties enige aktiewe (oop) Stel Boeke toemaak.

Indien 'n Stel Boeke aktief (oop) is, en die Outo-Rugsteun ("Auto-Backup") geaktiveer is, sal TurboCASH die Stel Boeke outomaties toemaak en 'n Rugsteunlêer skep.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy EPub and documentation editor