Opstel dokumente - Aankope

Parent Previous Next

Om Aankope te stel:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.

2.Kies die Aankope-duimgids.

3.Kies en / of sleutel die volgende opsies in:

a)Volgende aankopenommer - Die aankope is reeds as AK000001 vir u opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as PU000001 (vir "Purchases") opgestel.  Dit word aanbeveel dat die aankoop se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, AK000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  

b)Aankopejoernaal - Kies die Aankoopjoernaal. Aankope en transaksies in die Aankoopsjoernaal (Joernale op die Aksie-duimgids), sal in die aankoopjoernaal geprosesseer word.

c)Uitleglêer - Die uitleglêer wat u hier kies, sal op alle aankope in die Stel Boeke druk. Sien die uitleglêers vir aankoopdokumente wat beskikbaar is om u met u keuse te help.

U kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel. Dit kan u op die Afleweringsadres-duimgids Krediteure (Aksie-duimgids) stel.

d)Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien u 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die aankope wil druk, kan u ook 'n ander uitleglêer kies.

e)Aankoop opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie, Maar, dit word aanbeveel dat Aankoop gebruik word.

f)Aankoopboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle aankope gedruk moet word.

4.Kliek op die ander Dokumente om dit ook op te stel.

5.Sodra u klaar is, kliek Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free help authoring environment