Opstel dokumente - Bestellings

Parent Previous Next

Om Bestellings te stel:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.

2.Kies die Bestellings-duimgids.

3.Kies en / of sleutel die volgende opsies in:

a)Volgende bestellingnommer - Die bestellings is reeds as BS000001 vir u opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as OR000001 (vir "Orders") opgestel. Dit word aanbeveel dat die bestelling se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente te onderskei, (byvoorbeeld, BS000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  

b)Uitleglêer - Die uitleglêer wat u hier kies, sal op alle bestellings in die Stel Boeke druk. Sien die uitleglêers vir aankoopdokumente wat beskikbaar is om u met u keuse te help.

U kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel. Dit kan u op die Afleweringsadres-duimgids Krediteure (Aksie-duimgids) stel.

d)Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien u 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die bestellings wil druk, kan u ook 'n ander uitleglêer kies.

e)Bestelling opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie, Maar, dit word aanbeveel dat Bestelling gebruik word.

f)Bestellingsboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle bestellings gedruk moet word.

4.Kliek op die ander Dokumente om dit ook op te stel.

5.Sodra u klaar is, kliek Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Create help files for the Qt Help Framework