Opstel dokumente - Fakture

Parent Previous Next

Om Fakture te stel:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.

2.Kies die Fakture-duimgids.

3.Kies en / of sleutel die volgende opsies in:

a)Volgende faktuurnommer - Die fakture is reeds as FA000001 vir u opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as IN000001 (vir "Invoices")opgestel.  Dit word aanbeveel dat die faktuur se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, FA000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  

b)Faktuurjoernaal - Kies die Verkoopsjoernaal. Fakture en transaksies in die Verkoopsjoernaal (Joernale op die Aksie-duimgids), sal in die verkoopsjoernaal geprosesseer word.

c)Uitleglêer - Die uitleglêer wat u hier kies, sal op alle fakture in die Stel Boeke druk. Sien die uitleglêers vir verkoopsdokumente wat beskikbaar is om u met u keuse te help.

U kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) stel. Dit kan u op die Afleweringsadres-duimgids Debiteure (Aksie-duimgids) stel.

d)Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien u 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die faktuur wil druk, kan u ook 'n ander uitleglêer kies.

Indien u afleweringsnotas wil druk kan u die Afleweringsnota (geen kodes) of die Afleweringsnota (15 kodes) uitleglêer kies.

e)Faktuur opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie, Maar, dit word aanbeveel dat Faktuur of BTW-Faktuur gebruik word.

f)Faktuurboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle fakture gedruk moet word.

4.Kliek op die ander Dokumente om dit ook op te stel.

5.Sodra u klaar is, kliek Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy to use tool to create HTML Help files and Help web sites