Konteks-kieslys - Druk - Druk strepieskodes

Parent Previous Next

Druk strepieskodes – Die opsie sal die vir elk van die voorraaditems op geselekteerde dokument(e) druk. Dit sal die voorraadkode, bedrag eksklusief van BTW asook die strepieskodes druk.

Om strepieskodes vir dokumente te druk:

1.Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)).

2.Kies die dokument of dokumente.

Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kies.

3.Regs-kliek en kies Dokumente Druk → Strepieskodes opsie op die konteks-kieslys.

Afsonderlike etikette sal vir elk van die items gedruk word. Byvoorbeeld, indien die aantal items 2 is, sal die strepieskode 2 keer druk.

Dié Strepieskode, of Yagoda strepieskode etikette, kan ook op die Verslae → Voorraad → Druk etikette (Verslae-duimgids) gedruk word.

Op Voorraaditems Aksie-duimgids, kan u ook op die konteks-lys - "Print single item" kies om die Strepieskode, of Yagoda strepieskode vir geselekteerde voorraaditem(s) te druk.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Qt Help documentation made easy