Skrap dokumente

Parent Previous Next

U kan dokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) wat u vir u debiteure (kliënte / klante) en /of krediteure (verskaffers) (aankope, verskafferretoere en bestellings), gegenereer het, skrap.
Dokumente kan geskrap word ongeag of dié dokumente na die grootboek opgedateer of geposteer is, aldan nie.

Sodra 'n dokument geskrap is, sal die dokument nie beskikbaar wees om gedruk te kan word nie.

U mag moontlik dokumente aan die einde van vorige finansiële jare skrap ten einde meer spasie op u stelsel en/of die stelsel beskikbaar te stel.

Indien 'n geposteerde dokument geskrap word, sal dit slegs die dokument verwyder. Geen transaksies sal verwyder word nie.

Dit sal die transaksies en detail van die dokumente op die volgende verslae verwyder:

1.Joernale – Dokumente (vertoon wel op die Joernaaltransaksies per periode verslag).

2.Voorraad – Voorraad In / Uit

3.Voorraad – Voorraad In / Uit – Dokumente

4.Dokumente (alle verslae).

5.Verkoopsontleding

6.Aankoopontleding

7.Verkope

8.Aankope

Die Postering en Skrap knoppies op die kant-balk word by verstek nie vertoon nie.

Om die Postering en Skrap knoppies op dié kant-balk te vertoon, moet u die “Posteer dokumente” opsie op die Opstel → Toegangsbeheer – Dokumente-duimgids kies.

Postering – direkte skakel na die Aksie → Opdateer grootboek.

Skrap – direkte skakel na die Aksie → Redigeer → Skrap - Dokumente.


Om dokumente te skrap:

1.Op die Aksie-duimgids, kies Redigeer → Skrap → Dokumente.

2.Skrap fakture” is die verstek opsie.

Die fakture op dié lys wat nie gedruk is nie, sal in die wit en grys agtergrondkleur vertoon word. Indien enige fakture gedruk was, sal die agtergrondkleur roomkleurig wees.

3.Kies tipe – Kies “Faktuur, Kredietnota, Aankoop” of “Verskafferretoer”. U kan ook die “Alle” opsie kies.

4.Geposteer – By verstek, is die verstek opsie nie gemerk nie en sal slegs die ongeposteerde dokumente (wat nog nie na die grootboek opgedateer is nie), lys. Indien hierdie opsie gekies (gemerk) is, sal slegs die geposteerde dokumente (wat na die grootboek opgedateer is), gelys word.

5.Opsies -

a)Vanaf ... Tot – U kan die dokumentnommers vanuit lyste kies.

b)Geselekteerde – U kan 'n spesifieke dokument of spesifieke dokumente kies.

Kies meer as een dokument:

Om dokumente in verskillende reëls te kies – druk die “Ctrl” sleutel en kliek met u muis om die dokumente te kies.

Om dokumente in agtereenvolgende reëls te kies – druk die “Shift” sleutel en kliek met u muis om die dokumente te kies.

6.Kliek Skrap. Die geselekteerde dokument(e) sal permanent verwyder word.

U kan die dokumentnommer insleutel (voor die Soek knoppie). Die dokument sal outomaties geselekteer word.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free Kindle producer