Debiteure - Transaksielys verslae (opsies) (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die "Debiteurtransaksies" verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is.

Bykomend tot die Transaksies verslag, is daar nog twee (2) ander verslae beskikbaar:

Debiteur transaksielys - Dié verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, ongeag van die oopitem prosessering koppelings.

Debiteur transaksielys - Oopitem - Dié verslag lys slegs die transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, wat uitstaande is of uitstaande bedrae het. Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening, as 'n oopitem rekening gestel is, (Aksie Debiteure - Rekeningkundige inligting-duimgids), sal slegs die transaksies gelys word, wat uitstaande is of gedeeltelik uitstaande bedrae het. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, kan in die Oopitem koppel (Aksie-duimgids) geprosesseer word.

Dié transaksielys verslag sluit nie openingsbalanse in nie.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create iPhone documentation