Debiteure (Verslae kieslys)

Parent Previous Next

Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die debiteure grootboek te bestuur:

1.Grafiek - Debiteure per week – Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.

2.Ouderdomsontleding – Verskeie ouderdomsontleding verslae kan gedruk word.

3.Lys - Lyste van kontakte, debiteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle debiteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.

4.Druk etikette – Druk etikette vir pos- en afleweringsadresse.

5.Transaksies – Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.

6.Uitstaande – Debiteure rekeningstate, datum verskuldig en debiteure uitstaande op datum.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce online help for Qt applications