Debiteurrekeninge - Filteropsies

Parent Previous Next

Wysig volgorde van kolomme

Verander die volgorde waarin kolomme vertoon moet word:

1.Kies en kliek op 'n kolom en en sleep dit na regs of links.  

2.Wanneer die kolom in die korrekte posisie is, los die muis-kliek.  

Versteek / wys kolomme

Al 28 kolomme, sal by verstek, in die lys van debiteure vertoon word.

Versteek / wys kolomme wat vertoon moet word:

Kies die eerste blokkie in die kolom opskrifte. Dit sal 'n lys van alle velde vertoon.

Verwyder die merk in die kolomme wat u nie wil vertoon nie (versteek).

U kan die op of af pyltjie sleutels en u spasiebalk gebruik om die kolomme se merke te verwyder (deselekteer) of om weer te kies (selekteer).












Versteek / wys data in kolomme

Versteek / wys kolomme wat vertoon moet word:

1.Kies die eerste blokkie in die eerste ry. Indien u die eerste merk veld se merk verwyder (deselekteer), sal dit die linker gedeelte (vaste raam) versteek. Indien u weer die eerste merk veld kies (selekteer) sal dit weer vertoon word.

2.Indien u die tweede merk veld se merk verwyder (deselekteer), sal dit die regter gedeelte (kolomme) versteek. Indien u weer die tweede merk veld kies (selekteer) sal dit weer vertoon word.

Groepeer kolomme

U kan op 'n verlangde kolom kliek en dit met die muis na bo (op die blou balk) sleep. U kan soveel kolomme as wat u nodig ag (of wat vir u sinvol is) op die blou balk sleep.

U kan ook die volgorde van dié kolomme te verander deur 'n kolom (op die blou balk) te kies en na regs of links te sleep.

Om 'n kolom van die blou balk te verwyder, kan u die volgende twee (2) sleep opsies gebruik:

1.Kies die kolom opskrif (byvoorbeeld, “Debiteurgroep 1”) op die blou balk en sleep dit na die eerste reël. Indien die muis-wyser 'n groot X vertoon, los die muis-kliek. Die kolom sal in die verstek, geplaas word.

2.Indien u die volgorde wil verander, kan u die kolom op die blou balk na die tweede reël (kolom opskrifte) sleep en dit na regs of links sleep. Dit sal die kolom in die verlangde posisie plaas wanneer u die muis-kliek los.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: What is a Help Authoring tool?