Skrap Debiteurrekeninge

Parent Previous Next

U kan 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening skrap, indien dié rekening geen transaksies en/of balanse bevat nie.

U kan 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening onaktief stel om die rekening te blokkeer sodat, geen transaksies in joernale en/of dokumente teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening geposteer kan word nie.

U kan die ook doen indien u nie verdere besigheid met die debiteur (kliënt / klant) doen nie, of die rekening agterstallig is, ens.

Om 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening te skrap:

1.Op die Debiteurrekeninge, kies die rekening, en kliek op die Skrap knoppie. 'n Bevestigings-boodskap "Is u seker dat u die rekening wil skrap?" sal vertoon word.

Maak absoluut seker dat die korrekte debiteur (kliënt / klant) se rekening gekies is.

2.Kliek Ja. 'n Bevestigings-boodskap "Rekening geskrap!" sal vertoon word.

3.Kliek op die Goed knoppie. Die debiteur (kliënt / klant) se rekening sal permanent verwyder wees.

Om 'n Debiteur (kliënt / klant) te rekening onaktief te stel:

1.Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening transaksies en/of balanse bevat, kan dié rekening nie geskrap word nie.  Byvoorbeeld, sal 'n Foutboodskap "100002 Mnr. Mike Davies Dié rekening het balanse! Rekening kan nie geskrap word nie!" vertoon word.

2.Kliek op die Goed knoppie.

3.Om dié rekening te blokkeer, sodat, geen transaksies in joernale en/of dokumente teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening geposteer kan word nie, kliek op die Redigeer knoppie en die Rekeningkundige inligting duimgids.

4.Kies (merk) die "Rekening onaktief" veld.

5.Kliek Stoor.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create CHM Help documents