Krediteure - Ouderdomsontleding - Balanse (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die "Balanse" ouderdomsontleding verslag, is soortgelyk aan die "Balanse detail" verslag. Die Balanse verslag sal geen detail of transaksies druk nie, maar slegs die totale vir elke krediteur (verskaffer) vir die gespesifiseerde ontledings datums en periodes.

Om 'n Ouderdomsontleding verslag - Balanse vir krediteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Ouderdomsontleding. Die Balanse detail verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Balanse".

3.Selekteer die volgende opsies:

a)Datum van ontleding - Kies die datum; of sleutel die datum in.

b)Dae uitstaande - Sleutel die aantal dae vir periode 1 in (byvoorbeeld "30").

c)Aantal dae agterstallig - Sleutel die aantal dae vir periode 2 in (byvoorbeeld "30").

d)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

e)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".

3.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Krediteur ouderdomsontleding - Balanse" verslag, is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free EPub producer