Krediteure - Lys (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Op die Verslae-duimgids, Verslae → Krediteure → Lys kieslys kan die volgende sewe (7) verslae gedruk word:

1.Kontakte - Die "Kontaklys - Krediteure" verslag, sal die naam van die kontak, Telefoon 1 / 2 en die krediteur (verskaffer) se debiteurkode en naam lys. Kontakte wat nie aan krediteure (verskaffers) se rekeninge gekoppel is nie, sal nie gelys word nie.

2.Lys - Dié Krediteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, en E-pos vir elke krediteur (verskaffer) druk.

3.Afleweringsadreslys - Dié Krediteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Afleweringsadres, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos en webtuiste vir elke krediteur (verskaffer) druk.

4.Posadreslys  - Dié Krediteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos en webtuiste vir elke krediteur (verskaffer) druk.

5.Detaillys - Dié Krediteure -  Detaillys sal die sal die detail soos die kontakbesonderhede, registrasienommers, bankbesonderhede,  verslaggroepe dokument uitleglêers, Rekeningkundige inligting en terme, ens. vir elke krediteur (verskaffer) druk.

6.Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op - Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae van die krediteure (verskaffers) se rekeninge lys. Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae, soos op die datum (stelseldatum) wat dit gedruk word, lys. U kan ook kies om die Kontakbesonderhede te druk vir die krediteure (verskaffers) se rekeninge wat spesifieke aandag trek.

7.Registrasienommers - BTW en Onderneming - Die verslag sal die Posadres, Telefoon 1 en Telefoon 2 sowel as die BTW en Ondernemings se registrasienommers van die krediteure (verskaffers) se rekeninge lys.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Create help files for the Qt Help Framework