Krediteure - Lys - Detaillys (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Dié Krediteure -  Detaillys sal die sal die detail soos die kontakbesonderhede, registrasienommers, bankbesonderhede,  verslaggroepe dokument uitleglêers, Rekeningkundige inligting en terme, ens. vir elke krediteur (verskaffer) druk.

Om 'n lys van krediteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Detaillys".

3.Kies die volgende:

a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).

b)Volgorde - Kies "Krediteurkode, Beskrywing, Verslaggroep 1" of "Verslaggroep 2".

c)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.

d)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed.


'n Voorbeeld van die "Krediteure - Detail" verslag, is soos volg:

Die inligting op die verslag, is soos volg:

1.Kontakbesonderhede - Kontakpersoon, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos, webtuiste, Posadres, Afleweringsadres asook die taal (taallêer) wat vir die krediteur (verskaffer) gekies is.  

2.Registrasienommers - Die Onderneming- en BTW-registrasienommer van die krediteur (verskaffer).

3.Bankbesonderhede - Bankrekening tipe, Bank naam, Bankrekeningnommer en Takkode, Vervaldatum, Kaarttipe en Houer se naam.

4. Verslaggroep 1 en Verslaggroep 2 - Die Krediteurgroep waaraan die krediteur (verskaffer) gekoppel is.

5.Uitleglêers - Uitleglêer 1 (Aankope), Uitleglêer 2 (Verskafferretoere) en Uitleglêer 3 (Bestellings).  Indien geen uitleglêers gekies is nie, sal die Uitleglêers wat vir elke dokumenttipe globaal vir die Stel Boeke (Opstel dokumente op die Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk.

6.Rekeningkundige inligting en terme - Betalingsadviesboodskap, Kredietlimiet, Dae verskuldig (betalings terme). Dit toon ook of dit 'n oopitem rekening is en of die rekening aktief is, of nie.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create PDF Help documents