Konteks-kieslys - Redigeer rekening

Parent Previous Next

Redigeer rekening

Die rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wat op die fakture, kredietnotas en kwotasies voorkom, kan gewysig word.

In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings, kan die rekening vir die krediteur gewysig word.


Om 'n bestaande debiteurrekening vir 'n verkoopsdokument te redigeer:

1.Kies die verkoopsdokument tipe (d.i. Faktuur of Kredietnota of Kwotasie).

2.Regs-kliek en kies Dokumente Redigeer rekening opsie op die konteks-kieslys. Die debiteur (kliënt / klant) se rekening sal oopgemaak word.

3.Wysig of redigeer die nodige besonderhede.

4.Kliek Stoor of Goed.


Om 'n bestaande krediteurrekening vir 'n aankoopdokument te redigeer:

1.Kies die aankoopdokument tipe (d.i. Aankope of Verskafferretoere of Bestelling).

2.Regs-kliek en kies Dokumente Redigeer rekening opsie op die konteks-kieslys. Die krediteur (verskaffer) se rekening sal oopgemaak word.

3.Wysig of redigeer die nodige besonderhede.

4.Kliek Stoor of Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create Web Help sites