Konteks-kieslys - Skep rekening vanuit dokumentdetails

Parent Previous Next

Indien u dokument geskep is, kan u die dokument details gebruik om 'n nuwe rekening te skep. U kan 'n nuwe rekening skep vir u



U kan 'n nuwe rekening vir 'n debiteur (kliënt / klant) wat op die fakture, kredietnotas en kwotasies voorkom, skep.

In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings, kan die rekening vir die krediteur voorkom, skep.


Om 'n nuwe debiteurrekening vir 'n verkoopsdokument te skep:

1.Kies die verkoopsdokument tipe (d.i. Faktuur of Kredietnota of Kwotasie).

2.Regs-kliek en kies Dokumente Skep rekening vanuit dokumentdetails opsie op die konteks-kieslys. 'n Nuwe vorm vir 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening sal oopgemaak word.

3.Sleutel die Rekeningkode in.

4.Wysig en sleutel die besonderhede vir die nuwe rekening in.

5.Kliek Stoor of Goed.



Om 'n nuwe krediteurrekening vir 'n aankoopdokument te skep:

1.Kies die aankoopdokument tipe (d.i. Aankope of Verskafferretoere of Bestellings).

2.Regs-kliek en kies Dokumente Skep rekening vanuit dokumentdetails opsie op die konteks-kieslys. 'n Nuwe vorm vir 'n krediteur (verskaffer) se rekening sal oopgemaak word.

3.Sleutel die Rekeningkode in.

4.Wysig en sleutel die besonderhede vir die nuwe rekening in.

5.Kliek Stoor of Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Create help files for the Qt Help Framework