Onderneming inligting - Bankrekeninge en Inligting (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die volgende twee (2) verslae is vir die Onderneming (Stel Boeke) beskikbaar:

Bankrekeninge – Lys die bankbesonderhede (vir tot twee (2) bankrekeninge) soos wat in die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is.  Die bankbesonderhede van Bankrekening 1 sal op alle debiteur rekeningstate  (Verslae → Debiteure – Uitstaande (Verslag-duimgids)) gedruk word.

Inligting - Lys die onderneming se kontakbesonderhede, dokument opskrifte en boodskappe vir elke dokumenttipe. asook die Rekeningstaatboodskap wat op alle rekeningstate vir debiteure gedruk sal word (Opstel dokumente (Opstel-duimgids)). Dit vertoon ook die verkoopprys 1 / 2 / 3 se beskrywings asook die Koste van verkope se konfigurasie.  

Om die onderneming se Bankrekeninge besonderhede of Inligting te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Onderneming inligting.

2."Bankrekeninge" is die verstek opsie.U kan ook "Inligting" kies

     

3.Kliek Goed.  

Bankrekeninge

'n Voorbeeld van die "Bankrekeninge" verslag, is soos volg:

U kan ook die volgende insleutel, indien hierdie tipe bankrekeninge gebruik:

SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication)

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/

IBAN - (International Bank Account Number)

Sien - http://en.wikipedia.org/wiki/International_Bank_Account_Number

BIC - (Bank Identifier Code)

Die bankbesonderhede vir Bank 1, al on die Debitere (kiënte / klante) se rekeningstate soel as die volgende fakture (dokumentuitleglêers uitdruk:

Faktuur Bankdetail (15 kodes)

Faktuur Bankdetail (10 kodes)

Faktuur Bankdetail (geen kodes)

Toets Faktuur (Engels) LET WEL - Hierdie faktuur sal slegs in Engels druk.

Dokumentuitleg (10 kodes)

Dokumentuitleg (15 kodes)

Dokumentuitleg (geen kodes)

Inligting

'n Voorbeeld van die "Inligting" verslag, is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

1.Dokument opskrifte en boodskappe (tot drie (3) reëls) soos wat in die Opstel dokumente (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is vir elk van die verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) asook aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere en bestellings). Hierdie inligting sal op alle dokumente druk.

2.Globale rekeningstaat boodskap (tot drie (3) reëls) soos wat in die Rekeningstate opstel-duimgids van die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Dié boodskap sal as 'n standaardboodskap op alle rekeningstate vir alle debiteurrekeninge gedruk word.  (Verslae → Debiteure – Uitstaande (Verslag-duimgids)).  Hierdie boodskap is addisioneel tot die vier (4) reëls wat vir die individuele debiteure (kliënte / klante) op die Afleweringsadres-duimgids ingesleutel of geredigeer is.

3.Verkoopsprys beskrywings – Die beskrywings wat vir Verkoopsprys 1,  Verkoopsprys 2 en Verkoopsprys 3 soos wat in die “Verkoopsprys beskrywings” velde (Voorraadinligting (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is.

4.Koste van Verkope

oSkep koste van verkope -

Ja - Koste van verkope is geaktiveer.

Nee - Koste van verkope is nie geaktiveer nie.

oGemiddelde koste        -  

Ja – Gemiddelde Koste van verkope is geaktiveer.

Nee - Nuutste koste van verkope is geaktiveer.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured multi-format Help generator