Rugsteun Stel Boeke

Parent Previous Next

Die Rugsteun / Herstel funksie sal die data in 'n Stel Boeke in 'n rugsteunlêer (d.i. Gekompakteerde (geritste) omslag (“*.zip”) lêer of 'n  Uitvoerbare “Executable *.exe” lêer) op u stelsel vir u saampers skep. Die tegnologie wat TurboCASH gebruik, is die “VCLZip” om die grootte van u Stel Boeke se lêers tot 'n minimale grootte saam te pers of te kompakteer.

U kan ook rugsteunlêers skep en dit direk per e-pos te stuur. Die Gekompakteerde (geritste) omslag *.zip lêer - rugsteunlêer formaat maak dit moontlik om die rugsteunlêer per e-pos aan te stuur of om 'n rugsteunlêer te ontvang in gevalle waar die afsender en / of ontvanger van die e-posboodskap se Internet keermuur ("firewall") so opgestel is dat dit nie “*.exe” lêers toelaat nie.

Rugsteunlêers is kopieë van u data vir 'n spesifieke Stel Boeke wat u op 'n gereelde basis maak.

U sal dié rugsteunlêers benodig in geval van data korrupsie veroorsaak deur 'n kragonderbreking, hardeware probleme en ander probleme wat moontlik mag opduik. Rugsteunlêers is ook kritiek in geval van brand en diefstal van u rekenaar.

Dit is dus ook belangrik om u rugsteunlêers diskette of verwyderbare media (CD, DVD, USB, ens.)te stoor en op 'n ander plek te bewaar.

Dit word aanbeveel dat u 'n RUGSTEUN in die volgende gevalle maak:

Voordat u enige groot of wesentlike prosesse inisieer, soos byvoorbeeld om 'n Stel Boeke te skrap op die Aksie-duimgids), Globale prosesse (Skoonmaak / terugstel, Doen jaar-einde, Kopieer vanaf 'n Stel Boeke en Kanselleer geposteerde joernale / dokumente op die Opstel → Nutsitems kieslys, of enige ander prosesse waarmee u nie vertroud is nie.

Ou data op u vorige weergawe van TurboCASH of enige ander rekeningkundige pakket alvorens u die data na TurboCASH omskep.

Op 'n gereelde basis: U sal self moet bepaal hoe gereeld u data gaan rugsteun. Die omvang van u data en u behoeftes kan as 'n moontlike riglyn dien. Die volgende word as minimum aanbeveel:

o2 - 3 stelle daagliks - weer gebruik weekliks of elke 3 de of 4 de dag.

o2 weeklikse stelle - weer gebruik elke 3 de week.

o12 Maandelikse stelle - gedoen aan die einde van die maand en weer gebruik elke jaar.

o1 stel voor jaar-einde wat permanent bewaar word.

Dieselfde rugsteunlêers op u hardeskyf word gebruik om die data in u Stel Boeke te herstel.

Indien u nie u data gereeld rugsteun nie, sal u moontlik duisende transaksies en/of grootboek-, debiteur-, krediteur- en voorraadinligting oor moet invoer.

Om 'n rugsteunlêer te skep:

1.Op die Begin-duimgids, kies Rugsteun / Herstel. Indien 'n Stel Boeke reeds op u stelsel oop is, sal dié Stel Boeke outomaties toemaak en die “Rugsteun Stel Boeke” skerm vertoon.

2.Kies die Rugsteun opsie, indien dit nie reeds gekies is nie.

3.Kies die naam van die Stel Boeke wat u wil rugsteun.

4.Die naam van die Stel Boeke (byvoorbeeld, “MY-BOEKE” – gevolg deur die datum en tyd van u stelsel, sal vertoon word. U kan die naam oortik, indien nodig.

Die datum en tyd van u stelsel sal outomaties na die naam van dié Stel Boeke ingevul wees, byvoorbeeld, “MY-BOEKE201803301530”

In hierdie voorbeeld, is die datum in die “JJJJMMDD” formaat gevolg deur die uur en minuut, vertoon.

Dié datum en tyd formaat mag moontlik van dié formaat in dié voorbeeld verskil, indien u bedryfstelsel se datum en tyd op 'n ander formaat gestel is.

Dit word aanbeveel dat die datum en tyd nie oorgetik moet word nie, aangesien dit u kan help om die nuutste en / of korrekte rugsteunlêer te kies wanneer u die Stel Boeke moet herstel.

5.Kliek op die knoppie (aan die regterkant van die “Rugsteun na” veld) om die omslag waarin u die rugsteunlêer wil skep, indien nodig.

Indien die verstek Rugsteunomslag vir die Stel Boeke reeds gestel is (Opstel-duimgidsSetup → Rugsteunomslag, sal dié omslag (byvoorbeeld, “C:/TCASH5/Backups”) vertoon word.  Indien u geen verstek rugsteunomslag gekies het nie, sal die verstek skyf van u stelsel (byvoorbeeld, “D”) vertoon word.

6.Uitvoerbare lêer – exe – Laat hierdie veld blanko (verwyder merk) om die data in 'n Stel Boeke in 'n Gekompakteerde (geritste) omslag (“*.zip”) rugsteunlêer lêer te skep. Indien u hierdie veld merk, sal 'n Uitvoerbare “Executable *.exe” lêer geskep word.

7.Kliek op die Rugsteun knoppie om die rugsteunproses te inisieer. Sodra dié rugsteunproses voltooi is, sal die inligtingsboodskap “Die rugsteunproses is afgehandel!” vertoon word.

8.Kliek Goed op dié inligtingsboodskap.

9.Kliek Maak toe op die “Rugsteun Stel Boeke” skerm.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy CHM and documentation editor